Ferromagnetisme

Ferromagnetisme is 'n vorm van magnetisme waarby die magetiese momente binne 'n materiaal so gekoppel is dat daar 'n langafstandsorde bestaan wat die momente parallel rig.

Hierdie materiale kan onder hul oorgangstemperatuur -wat die Curie-temperatuur Tc genoem word- spontane magnetisasie hê. Hierbo lyk die gedrag soos paramagnetisme, maar die Curie-Weiss-wet besit 'n ekstra term in die noemer:

Bekende metale met ferromagnetiese eienskappe is yster, nikkel, kobalt, disprosium en gadolinium.[1]

  1. "Hyperphysics" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Mei 2020.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search